Video: Een tweet, een ystee

‘n Verversingsoutomaat in Kaapstad wat deur Twitter aktiveer word en ‘n gratis ystee aan ‘n klant verskaf, is wêreldwyd die eerste van sy soort.

Die robot-agtige masjien is in die Wembley Square-winkelsentrum in Kaapstad opgestel en reageer wanneer #BOSTweet4T in die tweet gebruik word. Die masjien stel dan een gratis BOS-ystee aan die gebruiker beskikbaar en vertoon die gebruiker se Twitter-naam op die skerm.

“Dit is die enigste van sy soort en die eerste een waarvan ons weet wat deur Twitter aktiveer word,” het Donald Swanepoel, kreatiewe direkteur by die bemarkingsagentskap, Cow Africa, gesê.

Die veldtog poog om mense aan die BOS-handelsmerk ystee bekend te stel. BOS is ‘n mengsel van plaaslike rooibos en vrugtegeure.

“Die belangstelling is oorweldigend,” het Swanepoel gesê. “Wanneer ‘n gebruiker die #-woord gebruik, word die produk aan al hul volgelinge bemark.”

Die masjien het wêreldwyd opslae in die media en nuusberigte gemaak.

Die masjien sal Vrydag uit die winkelsentrum in Kaapstad geskuif word, en sal moontlik dan landswyd beskikbaar gestel word.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.