Video: Eerste ANN7-sportuitsending ‘n groot verleentheid

‘n Video van die verleentheid volg onderaan die berig. ‘n Aantal foute tydens die bekendstelling van die nuwe nuuskanaal, ANN7 (DStv 405), het Woensdagaand ‘n verleentheid vir die Gupta-familie veroorsaak, waarvan die ergste egter net ná 22:00 tydens die sportprogram plaasgevind het.

Twee amateur sportaanbieders het van die begin af audio-probleme ondervind toe die eerste program van Game On! uitgesaai is. Die twee vroue was stomgeslaan toe kykers gesprekke uit die beheerkamer kon hoor, wat hulle nie veronderstel is om te hoor nie.

Aanbieder Carolyn Samuels (links) het haar gesig begin trek, handgebare vir die vloerspan en beheerkamer gemaak en uiteindelik selfs met mense van die kamera af gepraat.

Nadat die lang krieket-insetsel tot ‘n einde gekom het, het die verleentheid voortgeduur. Daar was stilte. “Hello. Ons is terug van die breuk,” het Samuels gesê. Daar was nog stilte en ‘n gestaar na die kamera. Daar was nog klankprobleme, nog stemme uit die beheerkamer en Samuels wat met die beheerkamer praat: “Wonderlik. Ja, asseblief.” Weer stilte, en dan skielik ‘n foto van Tafelberg.

ANN7 het ‘n paar advertensies gewys en toe het Game On! weer van voor af begin sonder enige verduideliking en asof niks vantevore gebeur het nie.

Africa News Network 7 (ANN7) word beheer en gefinansier deur die Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane deur die Infinity Media-konsortium. Die nuwe stasie, gebaseer in Midrand in dieselfde gebou as The New Age-koerant, het Woensdag sy kanaal met 150 joernaliste plus ondersteuningspersoneel bekend gestel.

Dstv het reeds eNCA (van e.tv), CNBC Africa, BDTV en het onlangs ook ‘n 24-uur-nuuskanaal van die SAUK tot sy pakket bygevoeg.

Aanbieders sluit Chantal Rutter Dros in wat nuusprogramme sal aanbied; Gerry Rantseli-Elsdon wat Vuka Africa sal aanbied; kwaito-ster Arthur Mafokate wat ‘n weeklikse sportprogram sal aanbied; en Jimmy Manyi wat ‘n weeklikse gespreksprogram sal aanbied.

Hier volg die beeldmateriaal van die voorval. Die krieket-insetsel duur van 00:00:36 tot 00:01:13.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

H J Bester ·

Ken nie juis al die persoonlikhede wat aanbieders sal wees op die nuwe TV-kanaal nie buiten Jimmy Manyi oor wie ek nie juis rasend mal is nie – hy’s ‘n tipiese arrogante, beterweterige en byderwetse nar wat dink hy’t alles in pag om van hom die kommentator te maak wat die meeste in aanvraag is. Voorspoed Jimmy !!

Hendrik ·

WAHAHAHAHAAAA!!!! Daarsy, wys die wêreld watse nana republic ons geword het!

De Boer ·

Wys jou nou net, hulle kan niks reg doen sonder die baas se hulp nie ne!

a.lombard ·

Kan iemand my vraag beantwoord….Wie is die Guptas? is hulle gebore in SA? hoe het hulle so ryk en magtig geword? vanaf die eerste begin besighede, hetsy vanaf geboorte noem elke besigheid?

Die Guptas het …..beweer dat Suid Afrikaners moet dankbaar wees vir hulle investering…maar
waarom verbeter/ investeer hulle nie in die vreeslike armmoede in Indiee nie? daar is die strate vol van die Laer klasse, hulle kan tog verbetering bring in eie land.

As Pres. Zuma se seun ‘n investeerder is…..hoe oud is hy? …het hy geldelike investering? waar kom sy finansies vandaan? hoeveel ander direkteure is betrokke?….wie het die kontrakte met die SAUK gesluit? was daar weer onder die tafel betalings?

Dit is nie dat ons in ‘n Banana Republiek woon nie, maar ‘n Korrupte plantasie, dit is tyd dat ons die plantasie uitbrand en die grond omdolwe!

De Boer ·

Die enigste eerlike Indiër is die een wat elke 2976 jaar vars groen koring al die pad van Jupiter af bring om op die Johannesburg se vars groente mark te kom verniet weg gee!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.