Video: Ekonomiese krisis verkort lewensverwagting – studie

prof. Mathijs van Dijk

Dprof. Mathijs van Dijk

Die video volg onderaan die berig.

Ses jaar ná ‘n ekonomiese krisis is die gemiddelde lewensverwagting van mense nege maande korter as gewoonlik.

Dié inligting blyk uit ‘n studie in 125 lande deur prof. Mathijs van Dijk, ‘n navorser van die Erasmus-universiteit in Nederland. Van Dijk is hoogleraar in finansies.

Mense neig om gesondheidsprobleme op te doen deur die spanning wat die finansiële krisis vir hulle inhou. Sy navorsing toon ook dat selfmoord, alkohol- en dwelmverslawing tydens ‘n krisis toeneem, en dat mense minder gesond eet.

In ontwikkelende lande gaan kinders ook minder skool om kostes te bespaar, en in die uiterste gevalle sterf mense selfs omdat hulle nie geld vir kos het nie.

Die volledige verslag kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.