Video: Ekonoom reken Gautengers kla oor e-tolstelsel met witbrood onder die arm

Dr. Roelof Botha

Dr. Roelof Botha

Te midde van al die teenstand van motoriste teen Gauteng se omstrede e-tolstelsel, hoop ‘n ekonoom dat mense ook die goeie van die e-tolprojek in oënskou sal neem.

Motoriste begin volgende week tolgeld betaal op hoofweë in en om Johannesburg en Pretoria.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

11 Kommentare

Peter Says ·

Roelof, regtig ! ry jy op die land se paaie, ek gaan net een provinsie noem…NW. Word jy betaal om hierdie kwyt te raak ?

Gawie Botha ·

Roelof,,,,Roelof,rerig jy maak my skaam,,,,dink jy nou rerig jy praat met n klomp kindertuin kinders,ek vra jou net een vraag,wat word van die inbetalings van motorvoertuig lissensies,,,,verder moet jy maar self dink,,,,,jy is nog een van daardie,wat sy kop laat swaai op jou oudag vir 30 silverstukke,,,of is dit nie so nie!

PJ Kruger ·

Ek glo nie hy’s ‘n Ekonoom nie. Hierdie ouens weer net eenvoudig van beter. Indien jy wel is, soek vir jou ‘n ander job!!!!

Hennie van der Merwe ·

Hierdie Botha-vent is seker op die aaa-en-see se “payroll”!

AmY ·

Hy verdien seker dertig keer wat ek verdien. Ek is al 23 by ‘n Bank en vat na aftekkings R5 000 huis toe. Ja, Vyf Duisend. My medies gaan volgende jaar met R200 op, so ek gaan dan R4 800 huis toe vat. Ons eet nie eens meer roooivleis nie, en is op brood en eiers en sop. Ons ‘berderf onsself een keer ‘n week met ‘n stukkie vis. (‘Ons deel die pakkie vis op in twee, sodat drie mense twee maal daarvan kan eet) My ma woon by ons en is ‘n pensionaris met ‘n baie klein pensioen.

So, Dr Roelof Botha, ek besit nie ‘n motor nie, want ek kan nie een bekostig nie. Ek besit wel ‘n piepklein woonstel waarvoor ek R2 700 ‘n maand betaal (sonder water en ligte). Die kospryse gaan nou styg met die tolpaaie, so en sal of brood of eiers of sop of ertjies of sweetcorn of soya mince moet uitsny.

Daar is mense wat uiters geskok is dat ons ‘oorleef’, want hulle weet nie hoe doen ons dit nie.

Kan jy my dalk help? Vir my raad gee

AmY ·

Want sien, ek wil nie met die witbrood onder die arm kla nie. O askuus, ek bedoel bruinbrood. Kan lankal nie meer witbrood bekostig nie

JB ·

Wonder hoeveel betaal hul hom om sulke kaf kwyt te raak? Die “goeie” paaie is ook maar goed “gelap” en is gereeld vol padwerke wat verkeer vertraag! Doen nooit van die begin af goeie werk nie. Moet mos altyd goedkoop wees! Weereens, ek HAAT dit as mense dink ons publiek is dom!!!

Meisie ·

Dinge soos die krap my om!!!!!!! Om maar net te noem,,, waar is die geld heen wat inkom van petrol verkope?? Is dit nie vir die paaie nie??? Ok daar is beter paaie, maar daar is met dit begin net voor die wereld beker sokker???? En ek wil net weet, as daai skuld nou afbetaal is, gaan hulle die e tol stop, of gaan dit maar net voorgaan, elke jaar opgaan, en in iemand se sak beland?? Of gaan hulle ook nou kom met die storie ons moet aanhou betaal want die geld sal gaan vir die herstel van die hoofweg?? En dan leen hulle weer geld, vir die herstel — en sit die e tol weer op , want , die skuld moet nou weer betaal word, dit is net een groot bose kringloop, en ons arme mense word verarm dat party mense in absolute weelde kan lewe, ek sal my NOOIT laat vertel dat daar nie `n klomp mense is wat stinkryk gaan word uit hierdie e tol nie!!!!!!!!!!!!!!!!

Henk Venter ·

Hierdie sogenaamde ekonoom werk DUIDELIK vir SANRAL. Of bata soos die res van die kokkedore van SANRAL uit die etol stelsel. Hy raak waaragtig die grootste klomp onsin denkbaar onder die son kwyt en wil dan soos SANRAL se gespuis he ons moet dit glo of hy is so dom astrant dat hy dink die res van die land se inwoners is breindood en het geen begrip van waarmee SANRAL en die ANC besig is nie.

Eksenet ·

Hy se jy gaan viniger van punt A na punt B kan ry? Ek wonder wanneer laas het hy self op daardie paaie gery. Dit het ons so paar weke gelede drie en ‘n kwart uur gevat om van Midrand tot in Benoni te ry…………………Ek se maar net.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.