Video en foto’s: Irina saai verwoesting in KZN

Die hewige reën wat die naweek in KwaZulu-Natal voorgekom het sal teen Maandag begin opklaar terwyl die tropiese storm, Irina, in ʼn suidoostelike rigting beweeg.

TimesLive berig dat reddingspanne en die polisie gister onverpoosd gewerk het om KwaZulu-Natal inwoners by te staan wat deur Irina geraak is. Inwoners van ʼn informele nedersetting buite Richardsbaai is uit die gebied ontruim en word in ʼn gemeenskapsaal gehuisves. Beeld berig intussen dat die lyke van vier mans gistermiddag laat uit vol riviere in die noorde van KwaZulu-Natal gehaal is. In Umlazi is ’n 24-jarige vrou glo dood toe ’n muur op haar geval het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê intussen dat daar vandag ʼn moontlikheid is van verspreide donderbuie en dat sterk winde van sowat 65km/h tussen Oos-Londen en Maputo verwag word. Intussen word daar berig dat Durban meer as 200mm reën gekry het oor die naweek. Motoriste is ook gemaan om versigtig op nat en oorstroomde paaie te bestuur.

Die foto’s is deur die gebruiker @Timzanu op Twitter gelaai.

[nggallery id=29]

Die video is deur die gebruiker southafricatvchannel op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.