Video en foto’s: Olimpiese Spele: Openingseremonie

Vuurwerke by die Toringbrug in sentraal Londen Foto: Lefteris Pitarakis, AP Photo

James Bond, David Beckham en selfs Mr. Bean het Vrydag ‘n rol gespeel in die eksentrieke openingseremonie van die Olimpiese Spele in Londen.

Oscar-bekroonde regisseur Danny Boyle se “Isles of Wonder”-vertoning word met gemengde gevoelens beskryf. ‘n Persoon wat soos koningin Elizabeth II aangetrek was, het, saam met James Bond-akteur Daniel Craig, met valskerms uit ‘n helikopter gespring; Mr. Bean het Chariots of Fire gespeel en kinders het op beddens gespring wat die nasionale gesondheidsdiens uitbeeld. Sokkerspeler David Beckham het met ‘n motorboot in die Thames-rivier die Olimpiese fakkel vervoer.

Duisende atlete het hierna met hul landsvlae op die veld verskyn.

Besonderhede van Boyle se skepping was ‘n groot geheim totdat die seremonie om 21:00 deur ‘n groot klok ingelui is.

‘n Video van die vuurwerkvertoning tydens die openingseremonie is deur die gebruiker telegraphTV op YouTube gelaai. Die video is onderaan dié artikel te sien.

[nggallery id=54]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.