Video en lokprent: ‘Donkerland’ lyk belowend

Deon Opperman se nuwe Afrikaanse dramareeks is eersdaags op kykNET te sien. Foto: Donkerland Facebook-blad

Beeldmateriaal van Maroela Media se besoek aan die stel van Donkerland en ‘n lokprent van die televisiereeks volg onderaan die berig. Kyk gerus ook na die fotogalery onderaan die video’s.

Diegene wat aanhangers van Deon Opperman se televisiereeks Kruispad en Hartland was, kan nou die derde aflewering van sy “Afrikaner-trilogie” op kykNET volg.

Donkerland is gebaseer op die gelyknamige verhoogdrama wat afspeel op ʼn plaas in KwaZulu-Natal en vertel die geskiedenis van die De Wit gesin wat strek oor 158 jaar. Die storie begin in 1838 en beeld al die grootste gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uit tot 1996.

Jozua Malherbe wat voorheen ook die regie vir Getroud met Rugby en Wolwedans in die Skemer behartig het, skuif in die regisseurstoel in vir Donkerland.  “Ek wou vir my ʼn regisseur kry wat jonk en oud genoeg is: jonk genoeg om regtig in kontak te wees met moderne tegnologie, verfilmingstyle en wat met die kamera gedoen kan word, maar oud genoeg om die karakters se dieper ‘binnemens’ te verstaan,” sê Opperman.

Die hoofrolverdeling bestaan uit ongeveer 142 van ons land se top akteurs wat Gys de Villiers, Rolanda Marais, Heléne Lombard, James Alexander en Lida Botha insluit.

Donkerland het die afgelope Dinsdagaand begin.

Maroela Media het ʼn draai op die stel van Donkerland gemaak en het met ʼn paar van die akteurs gesels om vir ons ʼn kykie agter die skerms te gee. ‘n Lokprent volg onderaan dié video. Daar volg ook ‘n fotogalery onderaan die video (foto’s: Donkerland Facebook-blad).

Jy kan ook na die volledige onderhoud met Deon Opperman en Jozua Malherbe in Allegaartjie45 luister.

[nggallery id=2]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Ina ·

Hi Amy ek dink dis baie insiggwend en sal beslis kyk tot die laaste episode

Ina ·

Ek het tot dusver nog al die episodes gekyk en sal nie 1 mis as ek dit kan help nie gee mens nuwe insig oor die geskiedenis van daardie tyd het dit reeds aanbeveel by my dogter om op te neem vir die kinders wat eintlik niks daarvan weet nie behoort insiggewend te wees vir hulle

Annemarie Burger ·

Baie dankie dat ons die ou dae kan geniet. Ek verlustig my in die oorlog stories want my oupagroot was Gen Michael Antonie Prinsloo wat saam met Gen Christiaan de Wet geveg het. Ek het n boek oor hom wat my oorlede moeder se oom geskryf het nl Die Vrystaters onder die wapen. Ek woon tans in Fouriesburg en dit le onder my hart om te weet dat oupa hier rond geloop het en hy was op Fouriesburg stasie geskiet gelukkig net gewond. Nogmaals baie dankie, as ek dit reg het is Donkerland deel van Natal oorlog en Verraaiers is Transvaal, hoe lyk dit met n Vrystaat deel. Is ek reg. Baie sterkte, hou so aan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.