Video: Fiets vs duiker tydens Cape Epic

Foto: Youtube

ʼn Video wat wys hoe die Duitser Robert Mennen in ʼn duiker vasry tydens die eerste skof van die tiende Absa Cape Epic-bergfietstoer is al meer as 140 000 keer op Youtube gekyk.

Die video is sedert dit Maandag, kort na die voorval, op Youtube gelaai is 141 889 keer gekyk. Volgens berigte het Mennen sy linkerskouer gebreek tydens die voorval. Die duiker is glo ongedeerd. In Oktober 2011 het ʼn bergfietsryer van KwaZulu-Natal byna oornag ʼn internetsensasie geword nadat ʼn video wat wys hoe ʼn hartebees hom van sy fiets afspring miljoene kere op Youtube gekyk is. Evan van der Spuy (17) het aan ʼn bergren naby Pietermaritzburg deelgeneem toe die hartebees oor hom probeer spring het.

Die video is deur Mennen se fietskamera geneem:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.