Video: Fietsryer glo deur diplomaat se lyfwagte aangerand

Hein van der Merwe, ‘n fietsryer van Pretoria, het klagtes van intimidasie, aanranding en roekelose bestuur teen ‘n diplomaat ingedien ná ‘n onderonsie byna in ‘n ernstige voorval ontaard het.

Van der Merwe sê hy was op ‘n oefenrit toe ‘n swart Mercedes Benz in Brooklyn, Pretoria, voor hom ingery het. “Ek het toe langs die bestuurder se deur gaan ry en geskree om sy aandag te trek, en het uiteindelik twee keer op die kantspieëltjie geklap om sy aandag te probeer trek,” het hy aan eBlockwatch gesê. Van der Merwe voer aan hy het nie die spieëltjie beskadig nie.

Volgens Van der Merwe het die motor toe glo met opset probeer om hom om te ry deur reg voor Pretoria Boys High na sy rigting te swenk. “Dit het byna nóg ‘n ongeluk versoorsaak, aangesien die Mercedes toe byna in ‘n ander motor vasgery het,” het hy gesê. Hy het toe glo gesien die motor het diplomatieke nommerplate. “Die bestuurder van die diplomatieke voertuig het later aan my erken dat die diplomaat in die voertuig hom aangesê het om my om te ry. Hy het dit ook later aan die polisiebeampte op die toneel erken, nadat dié hom gevra het waarom hy protokol gebreek het deur nie direk na die ambassade terug te keer nie.”

“Tydens ‘n hewige woordewisseling het ek vir die bestuurder gesê ek versoek dat hy my om verskoning vra, aangesien dit motoriste soos hy is wat fietsryers omry en ernstig beseer,” het hy bygevoeg.

Volgens Van der Merwe het hy telkens tevergeefs probeer om die nasionaliteit van die diplomaat te bepaal. “Ek het begin om foto’s van die voertuig, registrasienommer, lyfwag en bestuurder te neem. Ek het toe die diplomaat deur die bestuurder se oop venster gevra, maar hy het my gedreig en gesê hy sal toesien dat ek tronk toe gaan.”

Volgens Van der Merwe het hulle toe op die polisie gewag, nadat die bestuurder of diplomaat hulle ontbied het. “Net voor die polisie opgedaag het, het die diplomaat sy venster afgedraai en ek het ‘n foto van hom geneem, aangesien niemand sy nasionaliteit wou bekendmaak nie. Die lyfwag het dit gesien, my selfoon uit my hand geklap en die foon by my afgevat.”

“Verbygangers en ouers van ‘n skolier, wat die voorval op video vasgelê het, het tot my redding gekom. Die diplomatieke polisie het opgedaag, en ek het vir hulle gesê ek benodig hulle bystand om ‘n klag te lê. Hulle was egter glad nie behulpsaam nie, en het net my inligting, adres en ander besonderhede neergeskryf.”

Volgens kapt. Colette Weilbach, woordvoerder by die Brooklyn-polisiestasie, het Van der Merwe klagtes van intimidasie, aanranding en roekelose bestuur aanhangig gemaak. Die betrokke beamptes in die video het egter glo klagtes van crimen injuria en aanranding teen die fietsryer aanhangig gemaak.

Die polisie se diplomatieke eenheid ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

David ·

Diplomatieke immuniteit se gat. Ek hoop dat hierdie video ten minste aanrandingsklagte teen die lyfwagte sal regverdig.

Sarie van Niekerk ·

Dit is darem regtig skokkend wat deesdae op ons land se paaie aangaan!! Sjoe ‘n mens verwag seker beter maniere van ‘n diplomaat en sy mense. Ek kan seker raai van watter kontinent die die diplomaat kom, maar ek gee nie ‘n damn om wie se diplomaat dit is nie, ons het regtig nie hiedie tipe verteenwoordigers in ons land nodig nie. Is dit hoe ons diplomate hulle ook in ander lande gedra, ek hoop nie so nie. Dit is ook omdat enige jan rap en sy maat deesdae diplomate word, geen wonder die Guptas het aansoek gedoen vir diplomatieke paspoorte nie, lyk my daar is nie meer trots daarin om ‘n diplomaat van jou land te wees nie. Ek hoop hierdie fietsryer gaan hulle ry tot by oom daantjie in die kallerhok

Onbekend ·

Waarheen gaan ons land, hierdie lyfwagte dink hulle is bo die gereg… Hy is nie n nood voertuig nie, hulle karre word ook nie eens geregistreer as spesiale voertuie nie so hul moet ook die padreels handhaaf. ek dink dat hierdie saak verder gevat moet word maar ook met respek gese gaan dit toegesmeer word nes die Gupta saak… Ons land is besig on agter uit te gaan, ons is nie ver agter om soos Zimbabwe te raak nie…

flad ·

Hier gaan niks van kom. Diplomate word “vrygestel” van die restruksies van die land waarin hy/sy besoek. Die sogenaamde “lyfwagte” wat lyk so local grease monkeys was onprofesioneel en n telleurstellende verleentheid vd profesionele privaat sekuriteit industrie. Jou klient mag jou nie beveel om die wette van n land te breek nie. Hulle is maar net vd vele swak stofasie wat by die agterdeur inkom en soos mis voor die son verdwyn. Hulle het elke reel in die industrie gebreek. Dis n wonderwerk as hulle weer werk sal kry.

De Wet Momberg ·

Diplomaat of nie , Ek slaan die rook uit hulle uit ! Jy het ook regte om jouself te verdedig !

Flash ·

Nog ‘n rassistiese aanval deur swart op blank! As die blankes iets probeer het sou daar ‘n internasionalse rassistiese insident verklaar gewees het! Wat soek die vloeke in ons land?

Tania ·

Soos ek verstaan het die fietsryer moeilikheid gesoek. Ek sê nie wat gebeur het is reg nie, altwee partye was verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.