Video: Flippie Engelbrecht-sage verdiep

Flippie Engelbrecht en sy ma

Flippie Engelbrecht en sy ma

Die video volg onderaan die berig.

Wilhelm Treurnicht, ‘n plaasbestuurder van Ashton, het Maandag weer in die Worcester-streekshof verskyn in verband met aanklagte van aanranding op Flippie Engelbrecht in Januarie 2008. Treurnicht staan tereg op ‘n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Engelbrecht was 15 jaar oud toe die beweerde aanval plaasgevind het.

Die aanklagte teen sy medebeskuldigde, Johnny Burger, is verlede maand teruggetrek nadat Burger selfmoord gepleeg het.

Treurnicht se prokureur, Sakkie Kroukamp, het Maandag gesê hulle het dokumente versoek van hospitale in die gebied waar Engelbrecht en sy ouers oor die afgelope paar jaar behandel is. Die saak is tot 4 Desember uitgestel wanneer ʼn verhoordatum na verwagting bepaal sal word.

Engelbrecht is van mening dat die beweerde aanranding veroorsaak het dat hy blind geword het en epileptiese toevalle begin kry het. Hy het glo tydens ʼn epileptiese toeval in ʼn vuur beland en erge brandwonde opgedoen. Sy hande moes daarna geamputeer word.

SAPA berig volgens sy mediese verslae strook die beweerde datums van die aanval egter nie met sy beserings nie. Flippie is ook verlede week uit sy ouers, Flip en Katriena, se sorg geneem, omdat hulle glo alkohol misbruik.

Intussen berig eNuus daar is broeiende onmin tussen Engelbrecht se ouers en die omstrede aktivis Carina Papenfus, wat ook sy regsverteenwoordiger is.

Die egpaar beweer nou Papenfus het hulle seun sonder hulle toestemming uit hulle sorg gehaal. Hulle beweer dat Papenfus weier dat hulle hul seun sien. Papenfus ontken die aantygings ten sterkste en sê sy probeer net help en het hulle aangeraai om vir rehabilitasie te gaan en opleiding te ontvang oor hoe om vir hul gestremde seun te sorg.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Lees ook:
Flippie uit ouers se sorg verwyder
Video: Flippie Engelbrecht-aanrandingsaak: Humeure loop hoog buite hof
Polisie weerhou nog naam van boer wat selfmoord pleeg
Boer wat glo tiener op plaas aanrand pleeg selfmoord
Video: Boer moet hof toe na hy glo werker aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thea Kluckow ·

Flippie het na my mening n abses ontwikkel meer as n jaar na die sogenaamde aanranding. Dit hou nie verband met die klap nie. Sy probleme van blindheid en epilepsie mag voortspruit uit die operasie wat in Tygerberg uitgevoer is om die abses te dreineer. Tog beweer getuies hy het lank voor die voorval reeds aan epilepsie gely. Die familie maak baie moeilikheid periodiek en praat nie die waarheid nie. Net jammer Carina Papenfus het doelbewus moeilikheid gemaak. Sy word verantwoordelik gehou vir die pa se selfmoord. Dis tragies en sy behoort permanent uit samelewing verwyder word. Meester leunaar met duidelike psigo-patologie. Haar eis vir haar toestand behoort ook nagesien te word.

Jasper ·

Die hele sieklike ou spul, pa inkluis, is net agter geld aan waarvoor hulle nie gewerk nie. Klaar oor julle gelees. Tatta.

Amy ·

Ek sien daar is nou glo nog drie getuies??? Die vrou se doppie is so-te-sê geklink. Kry vir jou Papenfus!!!! JY is die een wat dalk op die einde in die tjoekie gaan opeindig!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.