Video: Fredi Nest deel “hartsake”

Fredi Nest

JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red

Fredi Nest is uit die hospitaal en weer terug in sy ateljee waar hy weer hard aan die werk is. Dit volg nadat Nest op 3 September drie hartaanvalle gehad het. Hy het die oggend by sy huis in Pretoria ineengestort na twee hartaanvalle en terwyl hy by die Steve Biko-hospitaal besig was om ʼn angiogram te ondergaan, het hy ʼn derde hartaanval gehad.

Nest het aan Huisgenoot gesê hy was doodseker dit was sy laaste dag op aarde en hy het selfs sy kinders gebel om te kom groet. Hy sê hy het baie benoud gevoel en dit het gevoel asof iets onsigbaars op sy bors druk, daarna het hy sy bewussyn verloor.

Hy erken hy het groot geskrik maar is weer gesond en gaan weer aan met sy vertonings. Hy is ook terug in die ateljee om aan nuwe liedjies te werk. Hy het al sy aanhangers bedank vir hul ondersteuning.

Die video is deur HuisgenootTV op YouTube gelaai. Alet van Zyl se onderhoud met Nest verskyn in Huisgenoot, 11 Oktober 2012. Daar is ook meer inligting oor hoe om ‘n hartaanval te behandel en hoe dit gebeur.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.