Video: Gangnam Style laat baba se voete jeuk

Die video volg onderaan die artikel.

ʼn Kostelike video van ʼn babadogtertjie, slegs bekend as Amaya, is op YouTube gelaai wat wys hoe sy wakker word en dadelik begin “dans” as sy haar gunsteling liedjie, Gangnam Style, hoor.

Die video wys hoe die dogtertjie wakker skrik en dadelik met wyd-oop ogies haar handjies en voetjies begin rondswaai op die mate van die aansteeklike ritme van die liedjie.

Die Koreaanse popsensasie, Psy, het in Desember ‘n nuwe rekord gebreek toe sy video van Gangnam Style meer as 1 miljard keer op YouTube gekyk is. Psy het glo reeds honderde duisende rande verdien danksy die advertensies wat vooraf gespeel word. Selfs nou, sewe maande nadat dit op 15 Julie 2012 op YouTube gelaai is, het sy ster nog nie gekwyn nie, en word dit sowat 6.5 miljoen keer per dag gekyk. Te oordeel aan klein Amaya se reaksie, gaan Psy se ster nog lank skyn.

http://youtu.be/sjd2wFWDubc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.