Video: Gesin van 6 kry vyfling

Deon en Evonne Derrico van Nevada in Amerika by sewe van hul kinders

Deon en Evonne Derrico van Nevada in Amerika by sewe van hul kinders

Die video volg onderaan die berig. Evonne en Deon Derrico van Nevada in Amerika wou nog altyd ‘n groot gesin gehad het, en dit het nou vinniger gebeur as wat hulle verwag het.

Evonne het onlangs geboorte geskenk aan ‘n vyfling nadat die egpaar reeds vier kinders gehad het. Wat selfs nog ‘n groter verrassing is, is dat dit natuurlik plaasgevind het, geen vrugbaarheidsmiddels is gebruik nie. “Ons het dít nie verwag nie,” het Deon aan Savannah Guthrie van Today.com gesê.

Drie van die pasgebore babas is reeds by die huis, en die ander twee sal binne die volgende twee weke uit die hospitaal ontslaan word. Die babas is vroeg in September gebore. “Veelvoudige geboortes is baie algemeen in ons familie,’ het Derrico gesê. “My ma het ‘n miskraam met ‘n drieling gehad net voordat ek gebore is, so ons was nie geskok om weer ‘n tweeling te verwag nie. Maar ons het nooit ‘n vyfling verwag nie.”

Dr. John Elliott, ‘n ginekoloog aan die Banner Desert Medical Center in Mesa, Arizona, het gesê dit is uiters seldsaam dat ‘n vyfling natuurlik verwag word. “Die kans dat dit met een gesin sou gebeur is een in ‘n paar miljoen,” het Elliott gesê.

Visit NBCNews.com for breaking news, world news, and news about the economy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.