Video: Graeme Smith “in ʼn liga van sy eie”

Die Proteas-kaptein Graeme Smith het Vrydag geskiedenis gemaak toe hy die eerste krieketspeler geword het om ʼn span 100 keer op die veld te lei.

Smith het die Proteas gister op sy 32ste verjaarsdag vir die 100ste keer op veld gelei tydens die eerste van drie kragmetings in die reeks teen Pakistan. Suid-Afrika is gister vir 253 uitgehaal met Smith wat net 24 lopies in die tuisspan se eerste kolfbeurt aangeteken het. Pakistan sal vandag sy kolfbeurt met ses lopies sonder verlies voortsit.

Die minister van sport, Fikile Mbalula, het Smith vroeër geprys en gesê hy is ʼn inspirasie vir alle Suid-Afrikaners. “Graeme Smith se uitsonderlike vertoning van talent, gevoel van plig en patriotisme plaas hom in ‘n liga van sy eie,” het Mbalula gesê.

Die finansiëledienstemaatskappy Momentum het destyds in 2003 toe Smith as die jongste Suid-Afrikaanse krieketkaptein nog aangekondig is ʼn advertensieveldtog van stapel gestuur om die geleentheid te gedenk. Smith was net 22 jaar en 82 dae oud toe hy kaptein geword het.

Hier is die advertensie:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.