Video: Griekse dorp weer deur sterk aardbewing geskud

aardbewing griekeland skadeDie video volg onderaan die berig

Die Griekse dorp Lixourion op die eiland Kefalonia (Caphalonia) is vanoggend die tweede keer in net meer as ‘n week deur ‘n sterk aardskudding van 6,1 op die momentmagnitudeskaal geskud. Volgens die jongste beskikbare inligting is die grootste deel van die eiland sonder water en elektrisiteit terwyl verskeie berigte van beserings ontvang is.

Die huidige skudding is deur ‘n sterk skudding van M 5 voorafgegaan. Die afgelope week is nog verskeie aardbewings geregistreer wat as naskokke van die vorige grote beskryf kan word.

Na die vorige skudding is verskeie geboue, waaronder die hospitaal beskadig sodat dit ontruim moes word. Talle geboue is verder beskadig deur die sterk naskokke. Die owerhede het ook die skole gesluit tot vasgestel kon word dat die geboue nie gevaarlike strukturele skade gely het nie.

Bronne: USGS, Earthquake Report.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.