Video: Groep fietsryers rand motoris aan

fiets padwoede aanval kaapstadWaarskuwing: Die video is gewelddadig van aard en mag sensitiewe lesers ontstel. Die video volg onderaan die berig. ʼn Motoris het ʼn skokkende video op YouTube gelaai wat wys hoe ʼn groep fietsryers Sondagoggend ʼn ander motoris in Beachweg in Seepunt, Kaapstad aangerand het.

Die motoris, Symon Scott, was in sy voertuig toe die aanval plaasgevind het. Hy het die video met sy selfoon afgeneem. Scott skryf op YouTube en Twitter die aanval het ná die Pavilion plaasgevind. “Daar is twee bane op daardie die gedeelte van die pad. Ek was in die regterbaan,” het Scott geskryf. Hy sê hy het nagenoeg 20 fietsryers, wat moontlik vir die Cape Argus-fietswedren oefen, genader.

“Die fietsryers het in die linkerbaan gery. Ek het stadiger gery om hulle genoeg ruimte te gee, want ek was huiwerig om hulle verby te steek. Daar was ʼn ent verder ʼn stilstaande voertuig in die linkerbaan. Die leier van die fietsgroep het nie die voertuig gesien nie, omdat hy in daardie stadium agter hom gekyk het om met die res van die groep te kommunikeer. Hy het net betyds weer voor hom gekyk om ʼn botsing met die stilstaande voertuig te vermy. Hy moes vinnig uitswaai en dit het hom ontstel. Hy het van sy fiets afgeklim en was ontstoke.”

Die video wys hoe ander fietsryers die motoris aanval en onder meer met pepersproei spuit terwyl hulle poog om sy sleutels af te neem. Een fietsryer gebruik selfs sy fiets om die motoris aan te val, waarna ʼn ander fietsryer hom met die vuis bydam. Scott sê daar het baie meer gebeur as die toneel wat hy verfilm het.

Scott moes begin ry, aangesien motoriste agter hom ongeduldig geraak het. Volgens Scott het die bestuurder van die voertuig ʼn saak by die Seepunt-polisiestasie aanhangig gemaak. Die slagoffer was glo deel van ʼn groep vrywilligers wat die gebied opgeruim het ná die 10km Nelson Mandela-pretloop.

Die polisie versoek mense wat van die fietsryers kan uitken, om ao. Oliver by 021 430 3700 te bel.

Ao. November Filander, ʼn woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle is besig om die voorval te ondersoek. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JB ·

Fietsryers is nie altyd so “onskuldig” as wat hul voorgee nie. Hier het hul dit openlik bewys. Dan praat ons nie eers van arrogansie nie!!

Slim Daan ·

Praat jy JB.
Hier in die Kaap is wonderlike kronkelpaadjies wat vleg tussen lowergroen boomlanings. ( Constantia Nek en Contermanskloof, Durbanville. ) Probleem egter daar in die enkelbaan-ryvlak geen ruimte ( miskien 8dm ) gebied word vir fietsryers nie. Maar wat wou ! Daar word hand-om-die-nek ingehaak gery en gekwetter vir n vale. Kom jy om n blindedraai vind jy die bondel selfbewonderaars ( ja….hul bewonder hul eie kuite en die vd manne/vroue voor hulle ) eensklaps voor jou. Kom daar n voertuig vanuit die teenoorgestelde rigting is daar geen kans vir uitswenk, behalwe om reguit in die bondel in te ry nie.
Van soveel ydelheid het ek tot hede weinig hul gelyke gesien. Brille en ander fiets-fieterjasietjies word vergelyk, en staan nie verstom as sommige van hulle eers hul haartjies ( met n spieeltjie byderhand ) eers regdruk alvorens die helms opgesit word nie. Durf jy so effe op die toeter druk, word jy met 15-20 middelvingers gegroet.

Trudie ·

Ek sou ook agresief gewees het, motoriste kyk nie uit vir fietsryers, motorfietsryers en voetgangers nie..my een seun was ‘n baba toe die lig groen slaag vir voetgangers en ek die stootkarretjie begin stoot toe kom ‘n bus om die hoek gejaag ek het net betyds my kind uit die pad geruk anders was hy bo-oor my kind.

Andre ·

Trudie jy is pateties .Lees die artkel .Die voertuig was in die noodbaan geparkeer besig met opruiming .Simpel fietsboewe

Trudie ·

Ek sou ook agresief gewees het, motoriste kyk nie uit vir fietsryers, motorfietsryers en voetgangers nie..my een seun was ‘n baba toe die lig groen slaag vir voetgangers en ek die stootkarretjie begin stoot toe kom ‘n bus om die hoek gejaag ek het net betyds my kind uit die pad geruk anders was hy bo-oor my kind.

Danielle ·

Ek maak ‘n stelling, NIKS hiervan sou gebeur het as dit slegs 1 fietsryer was nie. Nou is hulle ‘n groep en so sterk soos 10. Sies.

henk celliers ·

UBUNTU,”in afrika beteken ons net iets as ons in n groep dit doen,”het jy een alleen al sien toi,toi?Plaas aanvalle word in groepe uitgevoer,enkelinge beteken nie veel nie,te slap daar voor,mits hy gedagga is!!!

Anoniem ·

Alle eerlikheid, Fietsryers vat deesdae ongelooflik kanse, ons as motoriste moet vir hulle pad maak of wag tot hulle kla gery het, wel ja jy kry motoriste wat sleg ry maar dan kry die eerlike motoriste soos die ene wat sommer geslaan en aangeval word, ek sou daai fietsryers iets aangedoen het. se agterend, hulle vat liberty

Landi ·

Ek kan die arrogansie van fietsryers nie hanteer nie!!!! Kom van die paaie af wat vir motors bedoel is. Fietsryers word omgery want hulle is dom arrogant. Geen simpatie as ek hoor n fietsryer is om gery nie.

Anti Fietsryers ·

Ja nee, wat kan mens verwag. Motorbestuurders moet elke 5 jaar lisensies hernu, wat van wet dat fietsryers ook lisensies kry sodat hulle die padreëls kan leer, want ek dink dis die groot probleem, hulle ken nie die padreëls nie. Hulle kan ook lisensies koop om openbare paaie te gebruik!! Miskien sal hulle dan verkies om alternatiewe roetes te volg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.