eNuus se kykers het Pippie Kruger se storie aangewys as hulle gunsteling-nuusberig van 2012.
Op 31 Desember 2011 het Isabella Kruger, of “Pippie” soos sy beter bekendstaan, ‘n noue ontkoming gehad.
Sy het 80% derdegraadse brandwonde by ‘n braaivleisvuur opgedoen. Die driejarige dogtertjie het in 2012 ‘n gekloondevel-oorplantingsprosedure ondergaan, wat ‘n eerste vir Suid-Afrika was.
Die video is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.