Video: Heldhaftige verpleegster red man se lewe

‘n Man in Australië is danksy ‘n brawe studenteverpleegster gered toe hy van ‘n perron op die treinspoor geval het.

Kay Seymour (42), die studenteverpleegster, het vir ‘n trein staan en wag by ‘n stasie in Brisbane toe ‘n 56-jarige man van die perron af gestap en op die treinspoor geval het. Die man kry glo epileptiese toevalle.

Terwyl die man gesukkel het om weer regop te staan, het Seymour hom te hulp gesnel en hom na veiligheid gebring. Haar heldhaftige daad is op kringtelevisie vasgevang. “Ek het gedink ek het ten minste ses minute. Ek het geweet ek moet hom red,” het sy aan die Courier-Mail gesê.

Jill Lyten, ‘n werknemer by Queensland Rail het na die beheersentrum gehaas om die treindies op die spoor tot ‘n stilstand te dwing. “Ek het geweet ek moet die beheertoring dadelik in kennis stel om die trein te stop,” het Lyten gesê. Jim Benstead, woordvoerder vir Queensland Rail, het Seymour se heldhaftige daad geprys. “Die studenteverpleegster het onbaatsugtig opgetree en was baie braaf,” het hy aan Australië se ABC News gesê.
http://youtu.be/VmoPXIu8qEI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.