Die video is deur Kruger Sightings op Youtube gelaai en het tot woede onder gebruikers op sosiale media gelei. Singita, ʼn bewaringsmaatskappy wat talle private wildreservate in Afrika en Suid-Afrika besit, het intussen bekend gemaak dat dit een van sy veldgidse is wat in die video verskyn. Singita sê die gids is intussen afgedank en dat die maatskappy moontlike dissiplinêre stappe oorweeg teen ander werknemers wat by die maak van die video betrokke was. Die veldgids in die video het homself intussen as Brian Thomas Masters op Facebook geïdentifiseer en onvoorwaardelik om verskoning gevra vir sy optrede. “Ek stem heelhartig saam met die opmerkings wat gemaak is oor die onprofessionele en onetiese behandeling van diere. Ek neem volle verantwoordelikheid en het diep berou,” het Masters op Facebook gesê. Masters het ook om vergifnis gevra en gesê die voorval het hom reeds sy reputasie en werk gekos.
Video: Herrie oor gids wat olifant verwilder
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
As oud wildbewaarder,het ek weereens deur hierdie video iets by geleer van die Olifant se gedragspersoonlikheid,wat ek nooit sou verwag het, Die vraag is net het alamal die deursettings vermoens van die “idioot” om kaalhand op n Olifant af te storm,,,,,en die volgende vraag is,is alle olifante so n “banggat” soos die Video weerspieel,,,,,,,,,,,,,die olifant het omtrent nie opgehou met weghardloop! Sou die persone onder my bevel gedien het,sou ek hulle net ernstig berispe het,op n mees diplomatiese manier,hule het niks meer verkeerd gedoen,soos anders op Nasionale TV gemonitor kan word,hoe n persoon met n lang besemstok op n vierwiel… Lees meer »