Video: Herrie oor Kovsie-studentehuis se “uitsluitlik wit”-advertensie

wit advertensie

Die video volg onderaan die berig

Professor Jonathan Jansen, die Universiteit van die Vrystaat se rektor, gaan stappe doen teen die bestuur van ‘n studentehuis wat ‘n advertensie vir uitsluitlik wit studente geplaas het.

Hy het hulle by die Menseregtekommissie verkla.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

GawieM ·

Soos ek dit verstaan het, is dit ‘n privaar persoon se eiendom. Niemand kan my mos dwing om slegs Blankes by my in te neem nie. Waar mis ek wat?

Johann ·

Vraag aan joernaliste: Die betrokke koerant kon mos maar vanuit ‘n grondwetperspektief geweier het om die advertensie te plaas? . . . of het hulle geweet dat na aanleiding van vorige koshuisblapse by die universiteit, die Prof. se reaksie sirkulasiesyfers ‘n hupstoot sou gee?
Vraag aan die spesifieke universiteit: Is die plasing van advertensies vir aanstellings, tenders en dienste op grond van “BEE” vereistes wat sekere mense verhoed om deel te neem, nie maar dieselfde as wat die private studentehuis gedoen het nie?

Ludwig ·

Dit is alles baie belaglik. Ek het nie ondervinding van Bloem nie, maar wel van UJ. Daar word voor gegee dat die UJ koshuise is oop vir alle rasse, maar in teen deel is daar maar slegs een 1ste-jaar Euro-Afrikaner in die koshuis. Die fotos wat hulle wys is van ‘n mooi multikulturele-koshuise met gebalanseerde hoeveelheid kulture, maar in werklikheid is dit ‘n een kultuur Afrikane koshuis. Die eerste ding wat hulle die Afrikaner outjie geleer het is hoe om te toi-toi.

Wat noem hulle dit, is dit nie maar die selfde wat Ronel doen nie?

In die een geval is die koshuise met slegs Afrikane aanvaarbaar, maar omgekeerd is dit nie goed nie.

Is ZA nog ‘n land waar Euro-Afrikaners behoort te wees of moet ons almal uit ZA?

“We Are the Borg. You Will be Assimilated. Resistance is Futile.”

Henk Venter ·

Jansen, vee voor jou eie deur en hou jou neus uit die besigheid van ander mense. Ek kan MY privaat eiendom verhuur en of verkoop net aan wie EK wil en nie JY of JOU regering gaan my dwing om dit anders te hanteer nie.
Dit blyk te wees dat omgekeerde rassisme besig is om nuwe hoogtepunte te bereik

jj els ·

Absoluut waar! Wittes word NIKS gegun nie. Alles moet om swartes draai. Ek kon byvoorbeeld die week nie by die Pretoria Landdroshof ingaan met n liter melk in n 2lt Coke bottel, voordat die swart sekuriteitspersoneel eers aan die melk geproe het nie!!!!

jj els ·

Laat ek se, wou proe, want na n hewige argument is ek deurgelaat met my melk.

Griet ·

Sover ek weet waarborg die grondwet alle Suid Afrikaners vryheid van assosiasie. En hierdie is ‘n privaat eiendom. PUNT.

marieta ·

Privaat of nie. Elke Suid-Afrikaanse burger word deur die selfde grondwet gedek. Wat van wittes se reg op vryheid tot assosiasie?

Robert ·

Die artikel se opskrif is nie akkuraat nie. Die studentehuis wil ‘n goeie balans tussen Afrikaans en Engels in handhaaf. Dit het niks met kleur of aksent te maak nie.

Ek is seker dit Univ. se koshuise het in die begin baie Afrikaanssprekendes weg gewys om regstellende-aksie te bevorder. Net jammer hulle, univ. het dit te ver gegaan, want nou is baie koshuise slegs Engels.

Withaai ·

Mense regte kommisie nogal?

As Marikana so sag verby geglip het (in die internasionale media), wat gaan hy in elk geval bereik met sy Mense Regte Kommisie?

Net soos daar niks meer van baaaaie dinge sal kom nie want alles is of reeds dood of besig om te dood.

Die reg op assosiasie word in elk geval deur die grondwet beskerm.

Gaap … waars die koue bier?

Dan ·

Jansen meen dat rassediskriminasie nie toegelaat kan word nie. Wat van sy Universiteit se tenders/aanstellings wat feitlik uitsluitlik vir en aan anderskleuriges toegeken word? Soos dit presies in die res van die land gebeur ter onderdrukking en uitsluiting van blankes – het hy wat kamstig so bekommerd oor rassediskriminasie is, hom al daarteen uitgelaat? Hy is presies dieselfde as sy ander kaders op die soustrein – rassediskriminasie teen blankes is heeltemal in orde, dit moet net nie teen anderskleuriges wees nie dan hoor jy baie gou van hulle. Hierdie dubbele standaarde maak my siek. Wie dink hy is hy om in te meng met ‘n private besigheid. Laat ons hoor of hy die mense wat so lekker “kill the boer kill the farmer” sing ook by die MRK laat aankla het.

Sê-ook-net ·

Die advertensie was mos nie misleidend nie! Hulle adverteer akkommodasie vir NIE-REGSTELDE KOVSIES – DAMESSTUDENTE! Wat is die verskil tussen die advertensie en ‘n advertensie wat geplaas word oor Regstellende Aksie poste! Dis sommer nonsens! Dan kan ons ook moes adverteerders by die menseregtekommissie verkla!

willemien ·

Net na prof Jansen se aanstelling gedink die man se kop is reg opgeskroef.
Wonder of hy weet wat Langenhoven van n leë kraan gesê het.
Eersdaags sal mens seker nie meer kan kies wie jy wil onthaal nie. Hoekom beperk hy homself nie tot die universiteitsgronde nie ? Los privaat eienaars uit om te maak soos hulle wil. Maar dit is seker so – hier is nog n “puppet” van die regering en man moet darem sorg dat jy op die soustrein bly! Eish!
Doe so voort Ronel! Jy skuld hom niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.