Nelson Mandela was vanjaar die mees gesoekte term op Google in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Die tweede mees gesoekte term op Google in Suid-Afrika was Oscar Pistorius. Die dood van die Amerikaanse akteur Paul Walker was derde terwyl die Defencex-skema die vierde mees gesoekte term was.
Só lyk die volledige lys van vanjaar se mees gesoekte terme op Google in Suid-Afrika:
1. Nelson Mandela
2. Oscar Pistorius
3. Paul Walker
4. Defencex-skema
5. Vuyo Mbuli
6. OLX
7. Standard Bank-internet
8. BBM vir Android
9. Reeva Steenkamp
10. Die koninklike baba prins George
Só lyk die lys van vanjaar se mees gesoekte terme op Google wêreldwyd:
1. Nelson Mandeka
2. Paul Walker
3. iPhone 5S
4. Cory Monteith
5. Harlem Shake
6. Die Boston-marathon
7. Die koninklike baba prins George
8. Samsung Galaxy S4
9. PlayStation 4
10. Noord-Korea
Google stel jaarliks ‘n kort video saam van die mees gesoekte terme van die jaar: