Die video volg onderaan die berig. ‘n Gebruiker het ‘n grappige video op YouTube gelaai wat kamstig Hitler se reaksie op Beeld se beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom uitbeeld.
Die video is beeldmateriaal uit die 2004-rolprent, Downfall (Der Untergang).
Beeld het berig dat studente as deel van ‘n koshuisgroet ‘n gebaar uitgevoer het wat glo herinner aan die saluut van Nazi-Duitsland.
Die gebruiker wat hierdie video gemaak het is onbekend.
WAARSKUWING: Die byskrifte bevat krutaal wat sensitiewe kykers kan ontstel.
Lees ook:
Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Duisende ondersteun Solidariteit se dispuut teen Beeld
Puk-studente begin eie veldtog
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit se #ProPuk-veldtog
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans’n
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’
Dit is skreeusnaaks!
Uitstekend gedoen.
Puik, puik!!!
Daar is iets wat Adriaan Basson nie van die PUK weet nie…
Dit maak net effens sin as mens die klank afsit…. anders, as jy Duits verstaan, het die Afrikaanse onderskrifte ‘n belaglike konteks. Boonop… eintlik is die hele storie maar smaakloos
Jammer nie almal kan Duits praat of verstaan nie. Om Afrikaanse woorde in die mond van Hitler te plaas het jammerlik gefaal. Hy was ´n bose mens en die koerant wat hierdie kinders in sy milieu plaas weet nie wat hulle gedoen het nie. Ek is ook jammer die redakteur en ander verslaggewers is Afrikaners en skaam my regtig vir hulle. Om te dink dit is alles ´n grap, help nie regtig nie. Alles is baie belaglik en onnodig.
annatjie, jy verwys seker na Beeld se redakteur vir wie jy jou skaam? Stem, alles is belaglik en onnodig en dis wat die PUK nog heeltyd sê.
Julle almal kla so oor die persoon wat die video gemaak het.
Dit is net met die video gedoen omdat daar al 10000000 ander mense is wat die selfde video gebruik het reg oor die wereld. gaan na youtube en soek bietjie “hitler’s reaction to” daar is 165 000 videos wat op die search kom. daar sal jy sien dat almal 85% van daai videos is subtitled in een of ander taal van engles tot alles tussen in en afrikaans. So ek kan nie sien hoekom jy nou eintlik jou vir hulle moet skaam nie. ek skaam myself vir jou!!
Hulle wil ons net vernietig……wit Afrikaners wat hul eie mense haat. Hoekom?
Hahaha – oulik gedoen en BAIE snaaks !
Ek vind die hele aangeleentheid as belaglik, maar ek moet se hierdie video is skreeu snaaks. 10 uit 10 vir die een wat hom utgedink het!
Mooi PUKKE, roer hierdie magbehepsugtige A&C heersers en hul ontolooide skoothondjies.
Dankie ook aan Solidariteit wat Adriaan en die Beeld aanvat oor hul anti-Afrikaanse aanslag. Ek het nog nie die afgelope week ‘n Beeld gekoop nie en ek kyk ook sommer weg as ek een van hul plakkate sien. Sal eers weer een koop as Adriaan Basson die deur gewys word.
Doen voor met jul tradisie!!!
Swannie
Daar word nou grappe gemaak van ‘n kritiese voorval en kom miskien van die swartsmeerbende self, met die doel om gemoedere te laat afkoel. Basson meen die Afrikaanse gemeenskap het die idee dat Nzimande met ‘n knuppel in die hand op pad Pukke toe is om alles wat Afrikaans is te gaan verwoes. Hy weet seker nie hoe korrek hy is nie. Of hy weet en probeer skadebeheer toepas. Dit is presies wat Nzimande graag sal wil doen en die liewe Adriaan Basson het hom daardie knuppel in die hand gestop. Hoop jy is nou trots op jouself, Adriaan en jou trawante.
Dis baie goed gedoen 100 %.
Lekker om ‘n slag lekker te lag. Maar om die arme man in die arms van die Blou Bulle te dryf is wreed.
wat n globale mors van my tyd
Wie of wat is die Nazi’s? Het hulle studente teen gesag aangehits? Ek probeer agterkom op watter wyse die mnr. Hitler ‘n klompie tienermeisies op ‘n kampus beïnvloed?