Video: Hondesmokkel ondersoek

ʼn Polisie-taakspan is op die been gebring om ʼn sindikaat te beveg wat honde in Suid-Afrika steel en na buurlande toe smokkel. Daar word vermoed dat die honde onwettig gesmokkel word om onder meer in hondegevegte gebruik te word.

Sowat dertig honde is die afgelope tyd op die Angola-grens van smokkelary gered. Van die honde wat gered is sluit in poolhonde, rifrûe, Duitse herdershonde, boerboele en rottweilers. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en Interpol het intussen van die diere se eienaars opgespoor maar soek dringend huise vir die ander.

Die nuusberig is deur eNuus saamgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.