Video: Hoogtepunte uit die Afcon-openingseremonie

Foto deur die gebruiker @akianastasiou op Twitter gelaai

Die openingseremonie van die 2013 Africa Cup of Nations sokkertoernooi het Saterdag met ‘n Afrika-tema beïndruk.

Die Nasionale Stadion in Johannesburg was aanvanklik met kleure van die Suid-Afrikaanse vlag bedek en ‘n reuse, bewegende standbeeld van voormalige pres. Nelson Mandela. Die blaas van vuvuzelas kon selfs bo die harde musiek gehoor word.

Groot, gekleurde balle is opgehou om die nasionale vlag uit te beeld en het selfs met ‘n kloppende hart vir ‘n doeltreffende vertoning gesorg.

Sipho ‘Hotstix’ Mabuse en Lira en haar dansers het ook opgetree.

Die Afcon-sokkertoernooi duur van 19 Januarie tot 10 Februarie.
Die eerste wedstryd tussen Bafana Bafana en Cape Verde het om 18:00 afgeskop. Nie een van die spanne kon ‘n doel aanteken nie, en die wedstryd het 0-0 geëindig.

http://youtu.be/gQB8pc7bfus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.