Video: Huis brand af in Waterfall, KZN

Dié huis in Waterfall, KZN het Saterdagaand afgebrand

ʼn Gesin is steeds in skok na hul huis en al hul besittings Saterdagaand in Waterfall, KwaZulu-Natal afgebrand het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 sê die huis was reeds in ligte laaie toe paramedici en die brandweer opgedaag het. “Bure en die inwoners van die hius het op die sypaadjie gestaan en kyk hoe die huis afbrand,” het sy gesê. Brandbestryders het die brand van alle kante met water bestook en het uiteindelik die vuur geblus. Niemand het enige beserings in die brand opgedoen nie. Die oorsaak van die brand sal deur die owerhede ondersoek word.

Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.