Video: Huishoudster op video gevang waar sy baba rondgooi

WAARSKUWING: Die video mag sensitiewe lesers ontstel. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Huishulp is Maandag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn vier maandeoue babatjie hardhandig behandel en soos ʼn pop rondgegooi het.

Die polisie in Maleisië sê die vrou is in Kuala Lumpur, Indonesië, in hegtenis geneem. ʼn Nasionale televisiekanaal het Maandag gewys hoe die 24-jarige huishoudster die kind in die lug rondgooi en hom daarna herhaaldelik op die grond gooi. Die voorval het op 15 Februarie plaasgevind. Nina Suray Sulaiman, die kind se ma, sê sy was besig om ontbyt te eet toe sy die voorval op haar selfoon gesien het. Haar foon is aan ʼn kringtelevisiekamera in die huis gekoppel. Die kind is later in die hospitaal opgeneem. Die huishoudster is tans in aanhouding. – Sapa

http://youtu.be/9BPHkbsU8KQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Berita Drescher ·

So n pes!….. ek hoop sy word deeglik gestraf…..hulle moet haar ook soos n bal hanteer voor sy haar straf uitdien. Wat sou nou gebeur het as die ma nie die voorval gesien het nie….ai tog mens se kleingoed is nerens veilig nie ….. nie eens onder eie neus nie!

Lize ·

Die flippen ding moet gehang word!! Dit is skokkend om die minste te sê!! Sulke “mense” moet uit die samelewing verwyder word!!

Melissa ·

Kan dit nie flippen glo nie!! Ek sal so ‘n persoon aanrand as hulle so iets aan my kind moet doen! Hoekom kyk sy na ‘n kind as sy dit wil doen, SIEK SIEK SIEK mense!!!

Gemsbok ·

Nog ‘n rede om nie die versorging van jou kind aan ‘n bediende teen minimumloon uit te kontrakteer nie. Om nie van opvoeding te praat nie.

Maretha Stadler ·

Ek hoop sy word so ver toe gesluit dat sy nooit weer daglig sien nie, maar my bekommernis le by die babatjie. As iemand vir ons ‘n opvolg kan gee of hy ok is, asb.

vicki swart ·

Ek wil net weet of daardie babatjie orait is. Maroela media – gee ons asb terugvoer op hierdie artikel . Ek het nie woorde nie. Sy is barbaars….

Francois Ludick ·

Mens ek sal myself nie kan inhou nie!!!!! Geen baba of kind of enige mens verdien sulke behandeling nie. Ek sal haar moontlik verwurg. ‘n Weerlose en onskuldige kind. Sy moet die swaarste straf kry. Hoop en bid die baba is okay!!!

Tony ·

Ek is regtig sprakeloos… Ek kan aan baie goed dink, maar ek mag dit nie hardop sê nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.