WAARSKUWING: Die video mag sensitiewe lesers ontstel. Die video volg onderaan die berig.
ʼn Huishulp is Maandag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn vier maandeoue babatjie hardhandig behandel en soos ʼn pop rondgegooi het.
Die polisie in Maleisië sê die vrou is in Kuala Lumpur, Indonesië, in hegtenis geneem. ʼn Nasionale televisiekanaal het Maandag gewys hoe die 24-jarige huishoudster die kind in die lug rondgooi en hom daarna herhaaldelik op die grond gooi. Die voorval het op 15 Februarie plaasgevind. Nina Suray Sulaiman, die kind se ma, sê sy was besig om ontbyt te eet toe sy die voorval op haar selfoon gesien het. Haar foon is aan ʼn kringtelevisiekamera in die huis gekoppel. Die kind is later in die hospitaal opgeneem. Die huishoudster is tans in aanhouding. – Sapa
http://youtu.be/9BPHkbsU8KQ
So n pes!….. ek hoop sy word deeglik gestraf…..hulle moet haar ook soos n bal hanteer voor sy haar straf uitdien. Wat sou nou gebeur het as die ma nie die voorval gesien het nie….ai tog mens se kleingoed is nerens veilig nie ….. nie eens onder eie neus nie!
Die flippen ding moet gehang word!! Dit is skokkend om die minste te sê!! Sulke “mense” moet uit die samelewing verwyder word!!
Dit is belaglik!!! Ek kon my oë nie glo nie!!
Kan dit nie flippen glo nie!! Ek sal so ‘n persoon aanrand as hulle so iets aan my kind moet doen! Hoekom kyk sy na ‘n kind as sy dit wil doen, SIEK SIEK SIEK mense!!!
Nog ‘n rede om nie die versorging van jou kind aan ‘n bediende teen minimumloon uit te kontrakteer nie. Om nie van opvoeding te praat nie.
Ek hoop sy word so ver toe gesluit dat sy nooit weer daglig sien nie, maar my bekommernis le by die babatjie. As iemand vir ons ‘n opvolg kan gee of hy ok is, asb.
Ek wil net weet of daardie babatjie orait is. Maroela media – gee ons asb terugvoer op hierdie artikel . Ek het nie woorde nie. Sy is barbaars….
Mens ek sal myself nie kan inhou nie!!!!! Geen baba of kind of enige mens verdien sulke behandeling nie. Ek sal haar moontlik verwurg. ‘n Weerlose en onskuldige kind. Sy moet die swaarste straf kry. Hoop en bid die baba is okay!!!
Goeie genugtig… Ek sal haar vermorsel…
Dis nie eers n mens nie …Dit verdien DOODSTRAF !!!!
Ek is regtig sprakeloos… Ek kan aan baie goed dink, maar ek mag dit nie hardop sê nie…