Video: Huldeblyke en roudiens vir prof. Jakes Gerwel

Prof. Jakes Gerwel

‘n Roudiens word Saterdagmiddag vir prof. Jakes Gerwel gehou.

Die diens sal by die Universiteit van die Wes-Kaap gehou word, berig SABC. Gerwel (66) het Woensdag in die Kuilsrivier-hospitaal in die Wes-Kaap gesterf ná ‘n hartoperasie. Hy word as ‘n “uitstekende akademikus, geresptekteerde politikus en sakeman wat passievol was oor opvoeding” beskryf.

Gerwel is in 1987 as die rektor en vise-kansellier van die universiteit aangestel.

Gerwel was ook ʼn nie-uitvoerende direkteur van Naspers en Old Mutual en ook ʼn voormalige direkteur-generaal in oud-president Nelson Mandela se kantoor. Hy het ook op die direksies van verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye gedien.

Intussen stroom huldeblyke vir prof. Gerwel in. Die volgende video is deur eNuus op YouTube gelaai.
Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.