Indi Chiyabu het glo op 16 Oktober 2010 vir J.P. Kruger (32) en Pieter Coetzee (60) doodgery. Chiyabu het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy in Kruger, Coetzee en Coetzee se seun, ook Pieter, vasgery het. Die Hummer het aan die brand geraak en Chiyabu het na bewering van die toneel gevlug. Coetzee sr. en Kruger is op die toneel dood. Coetzee jr. se regterbeen moes bo die knie geamputeer word.
eNuus het die hofverrigtinge bygewoon. eNuus word weeksaande om 19:00 op kykNet DSTV kanaal 144 uitgesaai en naweke om 18:00.