Video: Hummer-bestuurder skuldig bevind

Foto: eNuus

Die Hummer-bestuurder wat in Oktober 2010 twee motorfietsryers met ʼn Hummer doodgery het, is skuldig bevind aan strafbare manslag.

Indi Chiyabu het glo op 16 Oktober 2010 vir J.P. Kruger (32) en Pieter Coetzee (60) doodgery. Chiyabu het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy in Kruger, Coetzee en Coetzee se seun, ook Pieter, vasgery het. Die Hummer het aan die brand geraak en Chiyabu het na bewering van die toneel gevlug. Coetzee sr. en Kruger is op die toneel dood. Coetzee jr. se regterbeen moes bo die knie geamputeer word.

eNuus het die hofverrigtinge bygewoon. eNuus word weeksaande om 19:00 op kykNet DSTV kanaal 144 uitgesaai en naweke om 18:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.