Video: iPads vir orangoetangs

Die jong orangoetang strek sy hand deur die hok, vryf met sy kneukels oor die iPad en trek kleurstrepe oor die skerm met sy gunsteling toepa.

ʼn Paar minute later, druk Mahal sy gesig teen die draadwerk, strek sy lang tong uit en tik op die skerm om dit te laat verhelder en sy gunsteling liedjie, Twinkle twinkle little star te laat speel. Mahal en twee ander orangoetangs by die dieretuin in Milwaukee, Wisconsin, sal binnekort hul iPads vir iets meer opwindend kan gebruik: “speel-afsprake” met orangoetangs by ander dieretuine en wildtuine. Hulle is reeds gefassineerd deur video’s van orangoetangs wat hulle op die tablet kon kyk. “Dis moontlik dat hulle glad nie omgee nie, maar, soos ek hulle ken, dink ek hulle gaan verstaan dat dit ʼn regstreekse uitsending is en dat hulle na ʼn ander orangoetang kyk,” het Trish Kahn, die dieretuin se koördineerder vir die primate, gesê. Verskeie ander dieretuine het reeds hul primate aan die iPad-tablette bekendgestel met behulp van die Orangutan Outreach. Dié nie-winsgewende organisasie het die Apps for Apes-veldtog van stapel gestuur nadat hulle gesien het hoe die orangoetangs in Milwaukee hul iPads geniet. -AFP

Klik hier om die volledige berig te lees, of klik hier vir meer foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.