Video: Jack Parow laat waai klere vir liefdadigheid

Die kletsrymer Jack Parow en sy swanger vriendin, Jenna Pietersen, is twee van die bekendes wat vanjaar naak verskyn in die tydskrif Marie Claire vir bewusmaking van brandslagoffers.

Die tydskrif het jaarliks ʼn sogenaamde Naked-uitgawe waar bekendes kaal in die tydskrif verskyn vir bewusmaking van ʼn sekere liefdadigheidsorganisasie. Vanjaar se veldtog is ten bate van die organisasie Brun Foundation Southern Africa se opvoedkundige programme en uitreiking aan brandslagoffers. Een-en-dertig bekendes het besluit om vanjaar hulle klere vir die veldtog te laat waai en is dit dus die grootste kaalveldtog nog. Ander bekendes wat deel is van die veldtog sluit in: die Locnville-tweeling Andrew en Brian Chaplin, die komediant Joey Rasdien, die 5fm platejoggie Kim Schulze en Springbok-skrumskakel Francois Hougaard. Die Naked-uitgawe is van 20 Februarie beskikbaar.

Die video is deur die gebruiker marieclairesa op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lome4 ·

Nou toe nou..ek het nie gedink hierdie nar kan enige iets goeds of ordentlelik doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.