Video: Jack Parow van dieremishandeling aangekla

Jack Parow, die Afrikaanse kletsrymer, word deur Sea Shepherd SA van dieremishandeling aangekla.

Sea Shepherd SA het die klag gelê na Parow ‘n toneel by uShaka Marine World in Durban vir sy nuwe Kersfeesalbum verfilm het. Volgens die organisasie word dolfyne in aanhouding in die video uitgebeeld en word dit dus as dieremishandeling beskou. Luidens berigte ontvang Seaworld en uShaka Marine World hul dolfyne van Taiji in Japan en is dit dus dolfyne in gevangenis. uShaka Marine World het intussen gesê hulle maak hul eie dolfyne groot en dat die dolfyne in die video in aanhouding gebore is en deur uShaka gered is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Jammer iemand moes daardie slang in sy keelgat kon afdruk sodat hy daardie vuilbek van hom kan toe hou. Skande vir ons Afrikaans.Nee, laat ek liewers stilbly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.