Video: Johnny Depp amper deur perd getrap

Johnny Depp

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig en ‘n lokprent van die rolprent volg heel onderaan. Johnny Depp is op die stel van ‘n nuwe rolprent, The Lone Ranger, van ‘n perd afgegooi en die perd het byna op hom getrap.

Depp vertolk die karakter van Tonto in die rolprent en is byna baie ernstig beseer.

Beeldmateriaal van die rolprent van dít wat agter die skerms op die stel gebeur het, is pas vrygestel. Sowat een minuut in dié beeldmateriaal kan mens sien hoe die perd Depp afgooi. Depp ry op sy perd langs sy mede-akteur, Armie Hammer, wat die hoofrol in die Disney-rolprent vertolk.

Depp is gelukkig nie ernstig beseer nie, en het na die voorval geskerts: “Gelukkig het my stuitjie nie seergekry nie.”

Depp het vroeër die maand sy 50ste verjaarsdag gevier.
http://youtu.be/dEb-3WbyIXo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.