Video: Jong SA-man kry alternatief vir drink-gier

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Brent Lindeque van Johannesburg het besluit om ʼn aanlyn ‘drinkspeletjie’ eerder in iets positiefs te verander in ʼn poging om ander mense te help.

Die ‘drinkspeletjie’ staan bekend as “neknomination” en behels dat ʼn persoon ʼn video aanlyn oplaai van homself waar hy ʼn drankie vinnig in sy keel afgooi en dan van sy vriende benoem om binne 24uur dieselfde te doen. Lindeque is deur een van sy vriende in Australië, waar die speletjie glo sy oorsprong het, genomineer. Hy het egter besluit in plaas daarvan om ʼn drankie te drink hy eerder ʼn verskil wil maak. “Verander een ding, verander alles,” is die boodskap van Lindeque se video wat reeds meer as 290 000 keer op Youtube gekyk is. In die video ry Lindeque deur die strate en gee inligting oor armoede in Suid-Afrika. Teen die einde van die video hou hy by ʼn verkeerslig stil en gee vir ‘n bedelaar ʼn toebroodjie, ʼn sjokolade en ʼn koeldrank. Lindeque nomineer dan twee mense om binne 24uur dieselfde te doen. Lindeque het vroeër getwiet oor die invloed van sy video: “Daai fantastiese oomblik wanneer jy glo in goeie dinge en dit ʼn wêreldwye beweging tot gevolg het.” Hy het ook getwiet: “Mense wat mal genoeg is om te dink hulle kan die wêreld verander is die wat dit doen.” Lindeque se video het intussen tot gevolg gehad dat talle Suid-Afrikaners sy voorbeeld volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marieta ·

Wat ‘n wonderlike ideaal. ‘n Jongman met waardes! Kan dit nie selfs nog verder gevoer word en die persone wat genomineer word, dan ook gedaag word om alkohol vir ten minste ‘n maand lank totaal af te sweer nie?

Paul Smith ·

AAAAG!!! Bullshit Herman, blykbaar het jy nog nooit enigiets goed vir iemand anders gedoen nie, maar sit net en verwag dat goeie goed aan jou gedoen moet word. Gaan lees die verhaal van die barmhartige samaritaan. EN GAAN MAAK JY OOK SO!!!!!!

Rudi ·

Herman: vind jou Caps Lock en skakel dit af; vind jou hart en skakel dit aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.