Video: Jong SA’ner wen ruimtereis

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Video-onderhoud volg onderaan die berig. Niemand in Mandla Maseko se familie was al ooit buite Suid-Afrika nie, maar dié jong platejoggie gaan in 2015 besoek aflê aan die ruimte.

Maseko (25) van Mabopane naby Pretoria het ʼn kompetisie van ʼn Amerikaanse ruimteakademie gewen om in 2015 103 km ver in die ruimte te reis. Hy het miljoene ander deelnemers uit 75 lande uitgestof en is saam met 22 ander mense gekies om op dié uurlange reis aan boord die Lynx Mark II-ruimteskip te gaan.

Maseko is ʼn voormalige siviele ingenieurswese-student, maar moes opskop omdat hy nie meer die studiegeld kon beskotig nie.

Die ruimtereis is ongeveer $100 000 (sowat R1.08 miljoen) werd.

Maseko bly steeds in die huis saam met sy ouers en vier sibbe. Hy is op 5 Desember as een van die wenners aangewys. Die kompetisie is gereël deur AXE Apollo-ruimteakademie en word geborg deur Unilever en Space Expedition Corporation (SXC).

Hy het reeds ʼn week lank by die Kennedy-ruimteakademie in Florida spandeer waar hy opleiding moes ondergaan. Hy het daar ook die Amerikaanse ruimtereisiger, Buzz Aldrin, ontmoet. Aldrin is die tweede persoon wat op die maan geloop het.

Hy werk deeltyds as ʼn platejoggie by partytjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Hy is baie gelukkig. mag hy dit geniet. Dis lekker as mense sulke groot pryse wen. Net jammer die reis is kort. ‘n Besoek aan die Ruimtestasie sou baie lekkerder gewees het.

kraalmuur ·

Lekker publisiteit en gelukkig vir hom om so unieke geleentheid te kry.

My kwelling egter is dat absoluut NIKS op meriete verkry is nie en dit ‘n skewe boodskap aan (jong)mense uitstuur. Dis ‘n lucky draw gemeng met politieke korrektheid. Dit kon net sowel Julius Malema met sy E, F, F matrieksimbole (+G vir houtwerk) gewees het wat die reis met ‘n populariteitstemtelling gewen het deur sosiale media ‘likes’ op te kommandeer.

Axe lag natuurlik al die pad bank toe….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.