Video: Jong Suid-Afrikaner wen internasionale sangkompetisie

Filipa Carmo da Silva

Filipa Carmo da Silva

Die musiekvideo waarmee Filipa Carmo da Silva gewen het, volg onderaan die berig.

Filipa Carmo da Silva, ʼn 18-jarige Suid-Afrikaanse sanger wat groot opslae maak op YouTube, is Dinsdagoggend as die wenner van die bekende Hollywood-ster en aanbieder, Ryan Seacrest, se sangkompetisie aangewys.

Seacrest se kompetisie beywer hom om die beste weergawes van leenliedjies te vind. Die kompetisie het ses weke gelede afgeskop, berig EWN. Altesaam 26 finaliste het mekaar die stryd aangesê en die publiek moes stem om die wenner te bepaal.

Filipa het met haar weergawe van Story of my Life, wat deur die jong popgroep One Direction gesing word, stof in die oë geskop van ander mededingers, waaronder die tweeling John en Edward van die Engeland se X Factor- faam. Dié twee het die tweede plek gehaal. Josh Levi, wat ʼn finalis in Amerika se X Factor was, is derde.

Die tiener het Dinsdagoggend op 94.7 se Breakfast Express-radioprogram gesê sy kan nie glo dat sy gewen het nie. “Ek is amper sonder woorde, dit is so ongelooflik! Ek het 03:00 vanoggend uitgevind ek het gewen. Baie dankie aan almal wat my ondersteun het,” het sy aan die uitsaaier gesê.

Filipa is tans besig om haar debuutalbum op te neem. Haar eerste liedjie sal na verwagting volgende maand bekend gemaak word.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Dankie vir die vars briessie so tussen al die negatiewe dinge wat ons daagsliks moet beleef. Baie geluk en sterkte vir die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.