Video: Joost besoek mede-MNS-lyer

Joost van der Westhuizen, voormalige rugbyspeler, het besoek afgelê by ‘n mede-MNS-lyer.

Van der Westhuizen het Donderdag ‘n besoek afgelê aan Deon Nel, wat al jare bedlêend is weens motorneuronsiekte (MNS), berig Beeld. Dié siekte wat die spiere in ‘n ligaam aftakel, het Nel al só aangetas dat hy nog net sy oë kan beweeg om te kommunikeer.

Van der Westhuizen het glo moeilik geloop; sy spraak is reeds baie aangetas en sy hande kromgetrek weens MNS wat vroeg in 2011 by hom diagnoseer is.

“Vir my gaan dit oor sy glimlag en die uitdrukking in sy oë. Dit maak dit alles die moeite werd,” het Van der Westhuizen agterna gesê.

Nel was die vierde MNS-lyer wat Van der Westhuizen en sy J9-stigting besoek het. Hulle hoop om weekliks sulke pasiënte landwyd te besoek.

Klik hier vir meer inligting.

Die gebruiker BeeldVideo het die volgende video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.