Video: Justin Bieber kry borgtog

Justin Bieber na sy inhegtenisneming Foto: @miamibeachpd, Twitter

Justin Bieber na sy inhegtenisneming Foto: @miamibeachpd, Twitter

Die popster Justin Bieber, is ʼn paar ure nadat hy in hegtenis geneem is op borgtog vrygelaat nadat hy glo aan ʼn onwettige straatresies deelgeneem het terwyl hy glo onder die invloed van alkohol en dwelmmiddels was.

Die regter van die hof in Florida het borgtog van $2 500 (ongeveer R27 500) toegestaan. Hy het kort daarna die tronk verlaat en vir sy aanhangers gewaai terwyl bo-op sy sportnutsvoertuig (SUV) gesit het. Hy staar aanklagte van dronkbestuur, verset teen inhegtenisneming en die ry met ‘n vervalde lisensie in die gesig.

Maroela Media het Donderdag berig die polisie in Miami Beach het bevestig dat Bieber in hegtenis geneem is. Lees meer hier.

http://youtu.be/ciKAKJFtHh0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.