Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) glo Springbokrugby is deel van die land se erfenis en alle rasse het deel aan die sport se sukses én geskiedenis.
Saru het toegegee daar word gans te min erkenning aan swart rugbylegendes gegee.
Die unie hoop nou dat ‘n nuwe moderne Springbokrugbymuseum by die Waterfront in Kaapstad dié onreg kan help regstel.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Natuurlik is ons trots op die anderskleurige Springbokke wat ook met groot onderskeiding en trots vir Suid-Afrika op die veld gedraf het. Immers het hulle hierdie hoogste sport bereik vanweë hul bekwaamheid en toewyding – en daarom is dit net korrek dat hulle vereer word.
Daarenteen word daar ongelukkig weereens ‘n kwota-stelsel “afgedwing” wat menige rugbyliefhebber uiters ongelukkig stem buiten dat dit inderdaad afbreek doen aan die anderskleurige spelers – hulle word nou Springbokke maar is nie noodwendig in alle gevalle die bestes nie. Wie wil nou graag vereer word terwyl jy weet jy was nie die beste nie. Dit maak ongelukkig van die prestige van Springbok-wees, ‘n klug.