ʼn Kameelperd het oor die naweek ʼn groep bergfietsryers in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria aangeval.
Louis-John Rex se bergfiets van sowat R30 000 is deur die kameelperd vertrap. Hy en sy vriend, Ryk van Niekerk, het Sondag in die reservaat gaan fietsry toe die voorval plaasgevind het. Van Niekerk het die hele gedoente op sy selfoon afgeneem en op YouTube gelaai. Albei het aanvanklik gedink dit is ʼn grappie, maar op die video erken Rex, terwyl Van Niekerk lag, “dit is nie meer snaaks nie”. Rex sê ook later “kameelperd 1, Louis 0”.
Van Niekerk het op YouTube geskryf: “As ons nou daarna terugkyk moes ons van beter geweet het. Die oomblik wat ons agter gekom het dit is nie meer snaaks nie, het ons weg beweeg in ʼn reguit lyn”. ʼn Wildbewaarder van die reservaat het gesê die fietsryers het te naby die kameelbul gekom en hy wou net sy gebied beskerm.
Rex moes ná die voorval sowat 3 km met sy stukkende fiets terug stap na sy voertuig. Van Niekerk het die video Sondag op YouTube gelaai. Teen Woensdag was die video bykans 8 000 gekyk. WAARSKUWING: Die video bevat kru taalgebruik.
Beslis n perdjie van n ander kleur die.
As jy stupid is, daar is nie pille vir jou nie….Gedink ‘n kameelperd gaan jou net toelaat om in sy gebied en sy “huis” in te stap. Julle kan gelukkig wees dit was net die fiets se wiel.
Ek ry elke dag daar verby en ek sien hulle nie. Die fietsryers was bevoorreg om die kameelperd so van naderby te sien.
Ja nogal nê Willy! Sal dit ook graag wou sien.
Wat vir my bietjie snaaks is is die fiets op die foto het waterbottels aan en die hele tyd is die outjie se fiets sonder bottels?? Is die storie vervaardig?
Die heeltyd is die stukkende fiets sonder waterbottels en die een op die foto het bottels aan. Is die storie vervaardig??