Video: Kan ‘n motor ‘n gholfballetjie inhaal en vang?

David Coulthard in die Mercedes Benz SLS AMG Roadster

David Coulthard, bekende Formule 1-bestuurder en Jake Shepherd, ʼn professionele gholfspeler, het onlangs ʼn nuwe wêreldrekord opgestel.

Coulthard het met sy Mercedes Benz SLS AMG Roadster ʼn gholfballetjie, wat deur Shepherd afgeslaan is, in die bewegende motor gevang. Die motor het die gholfballetjie 275 meter vanwaar dit afgeslaan is, gevang.

Die toertjie is deur Guinness World Records bevestig.
Sien die video hieronder, en klik hier vir meer foto’s.

Waarskuwing: Moet asseblief nie probeer om dié toertjie self uit te voer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.