Coulthard het met sy Mercedes Benz SLS AMG Roadster ʼn gholfballetjie, wat deur Shepherd afgeslaan is, in die bewegende motor gevang. Die motor het die gholfballetjie 275 meter vanwaar dit afgeslaan is, gevang.
Die toertjie is deur Guinness World Records bevestig.
Sien die video hieronder, en klik hier vir meer foto’s.
Waarskuwing: Moet asseblief nie probeer om dié toertjie self uit te voer nie.