Video: Kangaroe beland in apteek by lughawe

kangaroe‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. Die polisie in Australië moes Woensdagoggend ʼn gedeelte van ʼn lughawe in Melbourne sluit nadat ʼn beseerde kangaroe in die terminus beland het.

Die oostelike gryskangaroe het klante in ʼn apteek verras voordat hy deur wildbewaarders aangekeer is. Die kangaroe, wat Cyrus na een van die bewaarders gedoop is, is verdoof en veilig aangekeer.

Die lughawe is geleë in ʼn gebied waar baie kangaroes voorkom. Volgens berigte het die kangaroe by die lughawe ingehop nadat ʼn motor hom getref het. “Hy het beserings aan sy pote opgedoen,” het Ella Rountree aan die Associated Press gesê.

Volgens Johnson Law, ʼn werknemer by die apteek, het hy aanvanklik nie sy kollega geglo toe sy gesê het daar is ʼn kangaroe in die winkel nie. “Ek het net voortgegaan met dit waarmee ek besig was en gedink dis ʼn grap,” het Law gesê.

Die kangaroe sal na ʼn veearts geneem word om ondersoek te word, het Wildlife Victoria in ʼn verklaring gesê.

Kangaroes beland soms in die lughawe, alhoewel die aanloopbaan dopgehou word om seker te maak dat hulle nie ʼn gevaar vir die vliegtuie inhou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.