Video: Kankerbehandeling vertraag weens Pelindaba-lekkasie

pelindabaWeens ‘n radioaktiewe lekkasie by die Pelindaba-kernnavorsingsentrum is daar kankerpasiënte wat nou rééds twee weke langer moet wag vir behandeling.

Pelindaba is die tweede grootste vervaardiger ter wêreld van onder meer die mediese radioaktiewe materiaal Molibdeen 99 en Jodium 131.

Dit word onder meer vir kankerbehandeling gebruik. Kenners sê die lekkasie, wat sowat ‘n week gelede voorgekom het, hou geen gevaar vir die publiek in nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize Mans ·

Miskien moet ek weer n klip in die bos gooi.Die navorsers het baie kostes aan gegaan om n Vigs middle te kry,maar hoekom doen Navorsing nie meer aan kanker navorsing,en om die siekte tenvolle te kan genees nie.Ek se maar net!!!

Peter Se ·

EM, ek deel jou sentiment, maar hulle het nie eers geld vir onderhoud nie, so daar sal nie geld beskikbaar gestel word vir navorsing nie.

Trippie ·

Julle twee is heeltemal reg – Elize en Peter.

Ek het baie simpatie en deernis met hierdie persone wat nou moet wag vir die behandeling. Dis reeds ‘n senu-tergende proses, mens wil gewoonlik dit net agter die rug kry – tot die volgende behandeling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.