‘n Video van die ontslag volg onderaan die berig.
Die swanger Kate Middleton is uit King Edward V11-hospitaal ontslaan.
Die hertogin, wat vermoedelik tussen sewe en agt weke swanger is, is vroeër opgeneem weens ʼn erge vorm van oggendnaarheid. Haar man, prins William, het haar aan die arm uit die hospitaal gelei.
Maroela Media het vroeër berig die hospitaal het besonderhede oor haar toestand bekendgemaak na ʼn foonoproep van ʼn Australiese radiostasie. Klik hier om meer oor dié fopoproep te lees. [Die klankgreep was op YouTube beskikbaar, maar is intussen verwyder.]
http://youtu.be/wa5JQC8VNdw
2 Kommentare