Video: Kilimanjaro: Geen bene? Geen probleem

Spencer West op die kruin van Kilimanjaro

Spencer West (31), wat as kind beide sy bene weens ‘n genetiese afwyking verloor het, het Kilimanjaro uitgeklim.

West, ‘n inwoner van Toronto, Kanada het op 19 Junie vanjaar die 6 000m-hoë kruin, ten spyte van sy geweldige agterstand, bereik. “Dit was fisies en geestelik die moeilikste ding wat ek nog ooit gedoen het, maar ek het bewys dat die krag om in jouself te glo, enigiets moontlik maak,” het hy gesê.

West het sowat 80% van die roete met sy hande uitgeklim. Hy is deur sy twee beste vriende, David Johnson en Alex Meers vergesel. Die doel was om fondse in te samel vir Free the Children, ‘n organisasie wat drinkwater aan honderde mense in Kenia verskaf.

Op vyfjarige ouderdom het dokters aan sy ouers meegedeel dat West “nooit ‘n funksionerende lid van die samelewing sal wees nie”.

Die span het oor sewe dae lank ‘n gemiddeld van vier ure lank elke dag geklim.

“Danksy elkeen se bydrae het ons sowat $500 000 vir Free the Children ingesamel,” het hy gesê. Die span beoog om ‘n verdere $250 000 in te samel.

Klik hier om die span se inskrywings oor dié merkwaardige poging te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.