Video: Kinders hang by venster uit om leeus af te neem

'n Skermskoot van die video

‘n Skermskoot van die video

ʼn Video wat wys hoe twee jong kinders by ʼn voertuig uithang terwyl twee leeus sowat 3 m van hulle af in die teerpad lê in die Krugerwildtuin is op Youtube gelaai.

Die video maak opslae op sosiale netwerke en volg kort nadat twee toeriste se motor deur ʼn olifantbul in die Krugerwildtuin aangeval is. Die olifant is doodgeskiet. In die nuutste video hang twee jong kinders by ʼn voertuig uit en neem die leeus af wat voor hulle in die pad lê. Die leeumannetjie staan dan skielik brullend op voor hy en die wyfie wegstap. Op die video verskyn daar ʼn kassie met die woorde: “Wees asseblief verantwoordelik. Deel asseblief die video om besoekers te waarsku. Dankie.” Die video is reeds meer as 36 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ina ·

As die leeu nou 1 kind gryp en iets aandoen dan word die Leeu geskiet soos met die Olifant wat die kar gerol het ,, Sulke onverantwoordelike mense moet nooit ooit weer in enige wildtuin toegelaat word nie en selfs beboet word ..

Ria Maritz ·

Miskien, net miskien moet so persoon lewendig opgevreet word ten aanskoue van ander idiote soos hulle … hoe gaan die mense ooit leer !!!! Ek is rooiwarm onder die kraag.

AmY ·

Dis baie dom. Kla daai ouers aan. Hulle is onverantwoordelike ouers. Maar ek sien daar is twee ander karre wie se vensters OOK OOP IS. Waarom is mense so onverantwoordelik?

Linnet ·

Ek is gereeld in die wildtuin, soos baie ander. Daar is geen reël teen op vensters nie, geen leeu sal ‘n motor net storm omdat die venster oop is nie. Mense wat so naby is en uithang en tekere gaan moet maar voel. Kry ‘n langer lens en bly deel van die voertuig!!!

Marlene Minderon ·

Daai mense soek vir moeilikheid. Ek hoop die owerhede vat hul nommerplaat en gee hulle sommer n boete van R5000.00 As iets met daai kinders gebeur het sou hulle seker die diere doodgemaak het. Verdomde mense kan ook nie respek he vir diere nie

Riaan ·

Ek wonder net wie het toe agterna die motor se sitplekke skoon gemaak(LOL),seker ‘n paar “briekmerke” opgehad.

Eben ·

Registrasie van die motor is duidelik sigbaar kan niemand ons help om die eienaar op te spoor en plaas sy tel nr en epos adres dat ons hom kan verduidelik wat is reg en wat is verkeerd.

Ek stem 100% saam jou Ina …. dan word die Leeu uitgehaal deur onverantwoordelike sotte

carel ·

as die leeus hulle aanval word die leeu mos geskiet – die ma, pa en kinders is nie baie slim nie…

hendrien ·

Party ouers sal ok nooit groot word ni hul weet hul stel hul kinders se lewe in gevaar maar nee hul dink mos di grap van di jaar

Oom Koos ·

Ek sal nie verbaas wees as SanParke gedagvaar word as die leeus sou besluit om leeukos van die kinders te maak nie.

Liza-Nel ·

Haai julle twee aapsterte – dis nie Stoffel-kat daai nie gehoor! Vuilbaard hak vir julle soos niks en blitsig by daardie motorruit uit.

karen hanekom ·

Sulke sotte kort ‘n lekker oorveeg. Mens wil glo hulle is buitelanders wat dink dis lion king. Publiseer die nommerplaat as hulle Suid Afrikaners is moet hulle kop laat sak in stupidity

Dot ·

Daar is nie medisyne vir die soort siekte nie ” D..M”egeid. Die ouers behoort hulle kinders te beskerm, hierdie twee doen duidelik nie ‘n goeie “job” daarvan nie. Ons is in hulle omgewing en dit is wat meeste mense vergeet as hulle die wildtuin besoek. Dit kom neer op respek – vir ander en die diere. Miskien het die kinders hulle gek gemaak en toe die kans gesien!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.