Gianfranco Cicogna Mozzoni (49) het Saterdag op die Klerksdorp-lugskou met sy private Aero L-39 Albatros in die grond vasgevlieg.
Hy het saam met Charles Urban in formasie gevlieg en het glo in Urban se glystroom beland toe sy vliegtuig se enin glo krag verloor en neergestort het. ʼn Vriend van Gianfranco, Athol Terence Franz, het op Facebook geskryf: “My liewe vriend Gianfranco Cicogna is vir ewig van ons af weggeneem – hoekom? Ons gaan jou wonderlike humor en eerlikheid mis. Rus in vrede my vriend in die wonderlike vliegtuigskuur in die lug.” Die lugskou is sowat ʼn uur na die ongeluk heropen waarna ʼn huldeblyk aan Gianfranco gelewer is. Gianfranco se vrou was ook op die toneel. Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die ongeluk.
WAARSKUWING: DIE VIDEO KAN SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL
Die video is deur Steve Jacobs op Youtube gelaai.