Video: Kleuter klou vir haar lewe terwyl motorfiets jaag

Die video volg onderaan die artikel. Foto: YouTube

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. Die polisie het intussen aangekondig hulle is op die spoor van die verdagte. Klik hier om meer te lees. ʼn Johannesburgse inwoner was geskok om te sien hoe ʼn kleuter Sondag aan ʼn motorfietsryer vasklou vir haar lewe met slegs ʼn blou fietsvalhelm op, terwyl die motorfietsryer deur die stad se strate jaag.

Die gebruiker Rad Bonos het Maandag ʼn video van die voorval op YouTube gelaai en dit het vinnig skokgolwe op sosiale netwerke veroorsaak van mense wat hul misnoeë teenoor die motorfietsryer uitspreek. Die video was Dinsdag teen 15:00 al meer as 8 000 keer gekyk. Die persoon wat die video opgelaai het, het die motorfietsryer van ʼn swart Suzuki GSXR vanaf ʼn kroeg by ‘n winkelsentrum in Edenvale agtervolg en kon daarin slaag om die motorfiets se registrasienommer, BF 05 LR GP, te bekom. Die video wys onder meer hoe die motorfietsryer deur die strate jaag en ʼn rooi verkeerslig verontagsaam.

Linda McKenzie, die voorsitter van die Edenvale-gemeenskappolisiëringsforum, was geskok toe sy die video gesien het. “Ons veroordeel die roekelose bestuur ten sterkste veral omdat dit die kleuter se lewe in gevaar stel. Te oordeel aan hoe die bestuurder gery het kon dit tragiese nagevolge gehad het,” het McKenzie gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle ʼn afskrif van die video, asook die motorfiets se registrasienommer na die Ekurhuleni Metropolisie gestuur het, met die hoop om die skuldige vas te trek en strafregtelik te vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willy ·

Dat die registrasienommer bekend is, is dit net ‘n kwessie van tyd voordat die onverantwoordelike waaghals aangekeer gaan word. Hy loop nou op dun ys. Hoop hy kry met die volle slaankrag van die reg te doen. Baie geluk aan die persoon wat die bewysstuk vervaardig en oorhandig het.

JAVR ·

Hulle moet daai motorfiets indruk op ‘n plek waar die son nie skyn nie en op “high revs” sit dat dit tyre merke op sy dikderm laat!

Willy ·

En wheely en donuts en..nou praat ek soos ‘n regte biker! Moet bieg. Moes eers gaan google het.

JAVR ·

Wha ha ha, ek is nie ‘n biker nie maar ken darem wheely en doughnuts jong. Ek sien dit baie hier in ons dorp na ‘n naweek! Ha ha sê dit jou iets van ons dorp? Niemand gaan uit na donker nie want ons het onsself op curfu gesit omdat dit voel asof ons in die tronk bly en die crooks buite! Sononder is jy in die huis en jy maak vir NIEMAND oop nie. Vrydag het ek besoekers gehad, sê toe vir hulle toe ons groet hulle moet asb tog net hulle vensters en deure toesluit en hou tot hulle uit ons area is want hier sny hulle jou keel af vir niks!

HELENA SEABORNE ·

en so sleep een drol weer ons ordentlike bikers se naam deur die modder. hoop hulle vang hom en sluit hom toe. wragtig dit is onnodig, bikes is daar vir ons plesier en passie nie om ander se lewens in gevaar te stel ni. as hy i ongeluk mk as hy alleen op die bike is en dan maar sy gat sien het ek vrede daarmee want dan het hy daarna gesoek.

Annamarie ·

Stem saam met Helenadat een bikes julle naam deur die moeder so moet sleep ek besit nie een nie maar in ons familie is ook biker`s .Fooitog dat so `n klei dogtertjie moet klou aan die man of pa wat het deur sy kop gegaan om haar so te laat saam ry.Is dit om af te show of wart.Hoop hulle vang hom en vat sy licens van hom af en dat hy nooit weer op `n bike mag klim nie

Blanke Boerevolk ·

Jammer maar die BIKERS dink die pad behoort aan hulle. Hulle ry soos hulle wil want hulle is mos n groot groep. Nee wat geen respek vir enige BIKER nie. Kom ons kyk wat maak hulle teen n 18 wheeler wat op die pad is.

Trippie ·

Blanke Boerevolk : Kompliment met jou gebruikersnaam !

Ek gaan van jou verskil, in die opsig, NIE ALLE motorfietsryers is selfsugtig en onverantwoordelik nie. Dieselfde geld motorbestuurders.

Self kan ek nie motorfiets ry nie, maar is MAL daaroor om saam te ry.

Die man het egter gedobbel met die klein meisietjie se lewe en ek voel self, sy motorfietslisensie moet weggeneem word. As hy so onverantwoordelik optree met sy motorfiets, kan hy verseker dieselfde doen in ‘n motorvoertuig.

Ek sal altyd plek maak vir ‘n motorfiets om met gemak en veiligheid verby my te gaan, en dis vir my SO lekker wanneer hul kop knik of sommer net die hand effens lig om baie dankie te se.

BOERE-GROETE

Vlammetjie ·

Aan: Blanke Boerevolk,

Jy kan nie almal onder een kam skeer nie, ons bikers is mense net soos jy en dink nie die pad behoort aan ons nie. Snaaks genoeg daar is 18 wheelers wat dink hulle besit elke pad in die land. So kan ons BIKERS ook se ons het geen respek vir julle 18 wheelers nie.

Die ou het glad nie gedink nie en dit kon n baie lelike tragedie tot gevolge gehad het.

Lekker dag

Monic ·

die persoon moet bietjie in die intensiewe eenheid van ‘n kinderhospitaal gaan vloere was as ‘n straf. Meskien as hy sien hoe ‘n motorfietsongeluk sulke klein lyfies verwoes, dan sal hy twee keer dink!

Gawie Botha ·

Daar is geen manier wat ek sal glo,dat die motorfiets bestuurder by sy volle posotiewe is,en dat hy defnitief geen insig het oor sy eie handel en wandel,,,,,,,,,,,sy m/fiets lissensie moet terug getrek word,indien hy een besit!

ans ·

Pateties hu kan enige pa sy kind se lewe so in gevaar stel en wat se di ma wa was sy om so iets toe te laat

magda taylor ·

Baie onverantwoordelik. !! Daai kind (enige kind) kan greep verloor en afval!! Sjoe hoe kan enige ouer sy/haar kind op n motorfiets laat ry.!!??

Danie ·

Ek wag ook nogal om die motorfietsryer (van-help-my-trap tot 1000cc+) te sien wat ten minste flikkerligte gebruik of oplet dat ‘n ander voertuig se flikkerligte aan is. Ek het al ophou tel hoeveel maal ek ‘n verbygaan kans verloor het omdat ‘n smeerlap op ‘n motorfiets my afgesny het. Ek is elke keer geskok as dit wel gebeur. Ek blaas elke maal toeter en waai vir die persoon wanneer dit gebeur. Net jammer dit gebeur so selde. Totdat dit die reel word glo ek dat mens makliker is om die paashaas te vang paaseiers wegsteek as wat mens ‘n bedagsame motorfietsryer sal kry.

Kruger ·

Ek het nog nooit van bikers gehou nie en sal ook nie – hulle hoort nie op die pad nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Pateties!!

bernedene oosthuizen ·

Dit is baie onverantwoordelik. Hy moet bietjie op n ambulaans kom werk sodat hy kan sien hoe dit lyk as daai kind haar dood val van die bike af. Hulle moet sommer sy lisensie weg vat. Ons sien gereeld mense en kinders wat dood gaan oor sulke idiote.

Johanna Putter ·

Baie baie onverantwoordelik…sy lisensie ( as hy 1 het) moet onmiddelik as hul hom gekry het afvat en nooit vir 1 he nie….hy kan bly wees hy is nie my man nie.

Melanne Gibson ·

Ek ry vir Independant Serving God, ongelukkig kan jy nie alle bikers onder dieselle sker sny. Jy is veronderstel om tevolle toegerus te wees met die nodige bikers gear. Uit een man se fout wat so Dom ding kon doen moet asb nie alle bikers beledig nie. As hy net weet hoe lyk so lyfie wat Val…Ek staan op vir alle bikers wat dit we’ll reg doen. As ek hom moes teekom sou ek persoonlik daai kind van die bike aftel… Be blessed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.